DA betoog om wantroue-mosie te ondersteun

Die DA gaan môre buite die Parlement in Kaapstad betoog om die mosie van wantroue in die kabinet te ondersteun. Die party sê President Cyril Ramaphosa se regering het die geleentheid gehad om die ekonomie te laat groei, maar hulle het eerder toegelaat dat infrastruktuur heeltemal verval. Die DA-woordvoerder, Natasha Mazzone, sê Ramaphosa is óf blind vir sy kabinet se dikvellige onbevoegdheid óf hy verkies om dit doelbewus te ignoreer: