Oscar-klap word ondersoek, moontlike optrede teen Smith

Die Oscar-wenner Will Smith is dalk in die moeilikheid ná sy aanval op Chris Rock tydens die naweek se toekenningseremonie in Los Angeles. Hy het die aanbieder geklap nadat dié ‘n opmerking oor sy vrou Jada Pinkett Smith se geskeerde hare gemaak het. Die gesin het verlede jaar aangekondig sy ly aan ‘n toestand wat haarverlies tot gevolg het. Die organiseerders sê in ‘n verklaring hulle oorweeg verdere optrede en gevolge terwyl Smith geloof én veroordeel is. Hy het die Oscar vir Beste Akteur gewen vir sy rol in “King Richard”.