Newelster se beeld is eintlik 7 000 jaar oud…

Nasa het die jongste foto van die Eagle-newelvlek in die ruimte bekend gestel. Die foto is deur die James Web-teleskoop geneem en wys baie meer as die foto wat in 1995 deur Hubble geneem is. Die foto is uiters indrukwekkend maar, wat dit nog interessanter maak is dat die newelvlek nie meer so sal lyk nie omdat, terwyl dit onlangs deur James Webb afgeneem is, is die beeld ongeveer 7 000 jaar oud. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van fisika by Unam, verduidelik hoekom…