Jongste oor ondersoek na Impalila-ramp

Die Namibiese vervoerministerie is nog steeds besig met die vliegtuigongeluk-ondersoek van die Cessna 210-vliegtuig wat op 30 Augustus by Impalila-eiland neergestort en die lewens van die vlieënier, Nicole Mienie en vier lede van die Duitse Rings-gesin geëis het. Volgens die voorlopige ongeluksverslag het die vliegtuig volgens ‘n ooggetuie pas na opstyging skerp links geswenk, die linkervlerk het ‘n boom langs die Zambezirivier getref en in die rivier naby die oewer geval. Hafeni Mushixwa, ‘n senior vliegtuigongeluk-ondersoekbeampte in die direktoraat van vliegtuigongelukondersoeke het die jongste.