New York besig met strafregtelike ondersoek na Trump-organisasie

Die Kantoor van die Prokureur-Generaal in New York het bevestig dat ‘n strafregtelike ondersoek geopen is na oudpresident Donald Trump se maatskappy, die Trump Organisation. Prokureur-Generaal Letitia James is reeds twee jaar besig met ‘n siviele ondersoek om uit te vind of die Trump-organisasie die waardasie van bates opgeblaas het in die soeke na lenings en versekeringsdekking, en die waarde van ander bates gesny het om belastingverpligtinge te verminder. Trump hou vol hy is onskuldig en sê die ondersoek onder leiding van James, ‘n Demokraat, is polities gemotiveerd.