AB bly afgetree, nie beskikbaar nie

Krieket: Die Proteas se afrigter, Mark Boucher, is teleurgesteld maar respekteer AB de Villiers se besluit om nie sy uittrede om te keer nie. Daar is bespiegel dat die 37-jarige De Villiers homself beskikbaar sou stel vir die Twintig20-Wêreldbekertoernooi in Indië later vanjaar. Krieket Suid-Afrika het gister bevestig dat samesprekings afgehandel is en hy besluit het om nie weer vir Suid-Afrika te speel nie. Boucher sê De Villiers was bekommerd dat hy die plek sou neem van ‘n speler wat deel van die stelsel was sedert sy uittrede in 2018.