Never Walk Alone bly besig tot einde van die jaar

Daar is geen keer aan Tim Ekandjo se Never Walk Alone-projek wat met sy jongste fondsinsamelings veldtog, ‘n boksbonanza in die hoofstad, 1,2 miljoen Namibiese dollar ingesamel het. Die projek is daarop gemik om skoene vir Namibiese kinders te koop. Ekandjo het nog groot planne voor die einde van die jaar en hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus daaroor …