Covid sluit die deure van 815 maatskappye

Die Namibiese Werkgewersfederasie sê in 2019 het 158 maatskappye likwidasie aansoeke by die hoërhof ingedien terwyl 52 in 2020 gelikwideer het. Maar, volgens die federasie het daar 815 maatskappye vrywilliglik gederegistreer tussen Januarie 2020 en Februarie 2021. Dit is volgens die federasie se jongste verslag, as gevolg van finansiële druk as gevolg van die pandemie. In 2020 het 896 maatskappye 12 198 werkers afgelê. Daar word bygevoeg dat die stand van sake steeds vererger omdat 80 persent van die bevolking staatmaak om plaaslike voedsel en 60 persent van die voedsel word ingevoer. Dus, met die huidige inflasievlakke is die armste lede van die gemeenskap die mees kwesbaar gelaat.