Klimaat is ons grootste katastrofe

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê klimaat is die grootste katastrofe van ons tyd. Daar is kommer oor die gesamentlike klimaatbeloftes van meer as 190 nasies wat by die 2015 Parys-klimaatooreenkoms onderteken is omdat dit op ‘n beperking van 2,5 grade se verwarming bepaal was. Maar, met die planeet wat reeds geteister is deur hittegolwe, storms en vloede ná net 1,2 grade se verwarming, sê Guterres dat stappe nou geneem moet word.