Netumbo, Sophia hoef nie benoem te word nie

Swapo se visepresident, Netumbo Nandi-Ndaitwah, en sekretaris-generaal Sophia Shaningwa sal nie benoem word vir die posisies wat hulle reeds beklee nie. Hulle kwalifiseer outomaties om vir die posisies mee te ding. Al wat nou verwag word, is dat hulle hul beskikbaarheid aandui om te staan. Die Swapo-politburo kom vanmiddag byeenkom om kandidate vir die party se top vier posisies te nomineer, Saterdag sal die party se hoogste besluitnemende liggaam, die sentrale komitee, vergader vir verdere benoemings en sekondering daarvan. President Hage Geingob sal na verwagting die partypresidentskap onbetwis behou. Wanneer sy termyn as landspresident in 2024 ten einde loop word daar verwag dat die party se visepresident Swapo se presidensiële kandidaat sal wees.