Daling in brandstofprys sal nou tendens word – ekonoom

Reaksie word ontvang op die daling in die plaaslike brandstofprys wat minister Tom Alweendo vanoggend aangekondig het. Petrol is af met 1 Namibiese dollar en 20 sent ‘n liter en diesel met 65 sent ‘n liter. Volgens ekonoom Theo Klein van Simonis Storm, is dit ‘n tendens wat voort sal gaan.