Onderwysministerie sê dis te laat vir verandering aan kurrikulum

Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, besoek vandag en môre die Ohangwena-streek om inligting oor die nuwe hersiene onderwyskurrikulum te verskaf. Dit volg nadat ontevrede ouers van die streek ‘n petisie onderteken het oor die kurrikulum en hul teleurstelling oor die graad 11-eksamenuitslae. Hulle het die petisie aan die Ohangwena-goewerneur, Walde Ndevashiya, oorhandig wat dit weer aan die onderwysministerie gestuur het. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die onderwysministerie, Edda Bohn, sê dit is nou te laat om die kurrikulum te verander.