Netbal: Nieu-Seeland bied Fast5-wêreldreeks aan

Netbal: Nieu-Seeland gaan die Fast5-wêreldreeks van 5 November in Christchurch aanbied. Die internasionale kompetisie is gegrond op die sport se jongste snelf-ormaat, wat waarskynlik vergelyk kan word met sewes-rugby en T20-krieket. Suid-Afrika, wat een van die ses spanne in vanjaar se kompetisie sal wees, word afgerig deur Martha Mosoahle-Samm.