Stad Kaapstad gaan in 2023 sy eerste sonkrag-aanleg bou

Die Stad Kaapstad beplan om volgende jaar sy eerste sonkrag-aanleg te bou wat aan die netwerk gekoppel sal wees, as een van die ingrypings om beurtkrag mettertyd uit te skakel. Die metro het ‘n tender uitgereik vir ingenieurswerke, verkryging en die bou van sy beplande sonkrag-aanleg van sewe megawatt in Atlantis. Dit sal in 2024 begin krag opwek en vir 20 jaar in bedryf wees. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê ‘n jaarlikse uitset van 14,7 gigawatt ure word in die vooruitsig gestel.