Kartelle, immigrante verhoog veediefstal, hoor NV

Die PDM-parlementslid Vipuakuje Muharukua het in die Nasionale Vergadering die bestaande wette teen veediefstal, en die gebruik van onwettige immigrante as plaaswerkers, blameer vir die toenemende veediefstal in die land. Hy voer ook aan dat veediewe meer gesofistikeerd te werk gaan en deel vorm van kartelle. Muharukua het ‘n mosie voorgestel om veediefstal te verminder. ‘n Staande kommittee moet aangestel word om die saak verder te ondersoek.