Net meer as 820 000 skoolgaande kinders

Die Namibiese onderwysministerie sê ‘n totaal 822 000 kinders is by Namibiese skole ingeskryf met 65 000, of te wel, 8 persent wat in koshuise woon. Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp word daar jaarliks 500 miljoen Namibiese dollar op koshuise bestee met ‘n daaglikse begroting van 22 dollar per kind per dag. Omaheke, Kunene en Otjozondjupa het die grootste hoeveelheid koshuise. Steenkamp sê die regering tref of op oomblik voorsorg vir nog koshuise maar, sy voeg by dat gemeenskappe wat koshuise wil bou eers met die ministerie in verbinding tree omdat koshuise op sekere standaarde gebou moet word. Die tekort aan koshuise veroorsaak baie groot uitdagings veral vir armer huishoudings wat in afgeleë plekke woon. Die kinders word genoodsaak om of te plak of om kamers te huur, wat veral meisies blootstel aan verskeie gevare en skoolwerk belemmer.