Net een familielid vir sterfte-registrasie asb

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het sy kommer uitgespreek oor die hoeveelheid familielede wat by sy kantore opdaag om ‘n sterfgeval te registreer. Volgens die ministerie se woordvoerder Margaret Kalo is daar tot sewe familielede vir een sterfgeval. Sy het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om net een persoon te stuur om die sterfte te registreer en daardie persoon moet in besit wees van die oorledene se ID-dokument. Alle sterftes word reeds elektronies aangedui so persone moet verseker dat hulle die nota het van die elektronies registrasie nommer, die oorledene se ID of ‘n beëdigde verklaring oor hoekom die oorledene nie ‘n ID het nie en ‘n afskrif van die familielid wat die sterfte aanmeld se ID. Die familie moet ook reeds die beplande plek waar die oorledene begrawe sal word aanmeld.