Diefstal en plundering is onaanvaarbaar sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê die buurland se regering gaan optree om elke persoon in die land teen die bedreiging van geweld, intimidasie, diefstal en plundering te beskerm. Openbare geweld teister KwaZulu-Natal en Gauteng die afgelope paar dae met winkels wat geplunder en in sommige gevalle aan die brand gesteek is. Ramphosa het die land toegespreek en gesê hulle sal nie huiwer om die oortreders in hegtenis te neem en te vervolg nie, en sal verseker dat hulle met die volle mag van die reg te doen kry:

Intussen sê Ramaphosa kalmte en orde gaan herstel word sodat mense kan voortgaan om die land te herbou en ‘n beter lewe vir al sy mense te skep: