Net Aroab en Ruacana het skoon oudits – Kandjeke

Boekhouding in plaaslike owerhede bly in chaos. Daar was onlangs berigte dat net meer as 8 persent van plaaslike owerhede skoon oudits in Namibië ontvang. Maar die ouditeur generaal Junias Kandjeke sê daardie syfer is te hoog. Nie een munisipaliteit in die land het ‘n skoon oudit ontvang nie en net Aroab en Ruacana, wat onderskeidelik ‘n plaaslike owerheid en dorpsraad is, het.