Man verdrink in drein in Greenwell toe hy blokkasie wou verwyder

‘n 32-jarige man het verdrink terwyl hy en twee kollegas besig was om ‘n blokkasie in ‘n drein in Greenwell Matongo skoon te maak. Volgens wat berig word het hy ingeklim en toe vir sy kollegas gesê hy verloor krag en kan nie meer vashou nie. Sy kollegas sê hy het toe in die drein geval en hulle kon hom nie enige bystand bied nie. Sy identiteit is nie bekend gemaak nie omdat sy naasbestaandes nog nie ingelig is nie.