Musk se Twitter-ooreenkoms veroorsaak grootste skuldlas ooit

Elon Musk se Twitter-ooreenkoms kan banke met 13 miljard Amerikaanse dollar se skuld laat. Uit die VSA word berig leners wat Musk help om die 44 miljard dollar se transaksie te finansier, insluitend Morgan Stanley, Bank of America en Barclays, nie van plan is om die skuld onmiddellik te verkoop om verliese van minstens 500 miljoen dollar te vermy. Wanneer die banke so ‘n opsie neem, kan hulle die skuld teen ‘n hoër waarde verkoop wanneer pryse herstel. Dit beteken dit kan die grootste skuldlas ooit wees, groter as die skuld wat onbetaalbaar was na die finansiële krisis van 2008.