Net 15% van heffingsbetalers by NTA geregistreer

Die Namibiese Opleidingsowerheid is nie in staat om kwalifiserende werkgewermaatskappye te identifiseer en te registreer wat gekwalifiseer is vir die beroepsonderwys- en opleiding-heffing wat in 2014 ingestel is nie. Die 2022 Unesco-wêreldoorsig oor opleidingsfondse in Namibië-verslag lui dat die owerheid beraam dat slegs 15 persent van kwalifiserende heffingsbetalers geregistreer is. Volgens die verslag is slegs 2 895 werkgewers egter as heffingbetalers geregistreer. Die owerheid het deur die heffing 380 miljoen Namibiese dollar tussen 2018 tot 2020 ingevorder.