Meatco-hoof weerlê enige sprake van onvolhoubaarheid

Meatco se uitvoerende hoof Mwilima Mushokabanji het vanoggend enige sprake van die onvolhoubaarheid van die maatskappy weerlê. Hy het by ‘n perskonferensie in die hoofstad gepraat en sê dat Meatco sy skuld aan Bank Windhoek betaal het sowel as die 520 miljoen Namibiese dollar wat hy aan FNB geskuld het. Mushokabanji sê daar is nog uitstaande skuld van ongeveer N$400 miljoen aan die Ontwikkelingsbank van Namibië.