Net 1 uit 25 deur gesondheid aanvaar vir hoësorg-eenhede

Die Namibiese gesondheidsministerie het net een uit 25 konstruksie-konsortiums gekies vir die ontwikkeling van hoësorg-eenhede regoor die land. Volgens die ministerie is 24 maatskappye gediskwalifiseer omdat bod-dokumente nie korrek voltooi of ingedien is nie. Marley Tjito Architects-konsortium  is gekies. Die konsortium bestaan uit Marley Tjito Architects, Richard Frankle and Partners bourekenaars en Denchi Consulting Engineers. Die ministerie het maatskappye gevra om hul belangstelling te toon vir die ontwerp, en ook toesig van die konstruksie-proses, van hoësorg-eenhede by verskeie streekshospitale.