House of the Dragon – 2de reeks reeds bevestig

“House of the Dragon”, die langverwagte voorstorie van die treffer-reeks Game of Thrones, is vir ‘n tweede seisoen hernu nadat die eerste episode ‘n treffer was. Meer as 10 miljoen mense het ingeskakel vir die eerste episode. Gebaseer op George R.R. Martin se “Fire & Blood”, speel dié drama af 200 jaar voor die gebeure van Game of Thrones en fokus op hoe die Huis van Targaryen in burgeroorlog verval. Die eerste episode het die grootste gehoor vir enige nuwe oorspronklike reeks in die geskiedenis van die HBO-netwerk gehad.