Nestlé kondig, nes ander internasionale maatskappye, prysstygings aan

Nestlé het ‘n prysverhoging van 6,5 persent vir sy produkte aangekondig weens wat hy beskryf as ongekende stygings in koste. Dit volg nadat maatskappye soos McDonald’s en ander ook vandeesweek bekend gemaak het dat hulle hul pryse verhoog. Inflasie en kostes wêreldwyd het sedert die Russiese inval in Oekraïne skerp gestyg. Die bestuurshoof van Nestlé, Mark Schneider, sê die verhogings is verantwoordelik ingestel om stygende koste te bestuur.