Rugby: Bulle moet sonder Jake White klaarkom

Rugby: Die Bulle gaan hulle volgende paar Verenigde Rugbykampioenskaps- en Kampioenebeker-wedstryde speel sonder die wakende oog van hulle direkteur van rugby, Jake White. Hy gaan na verwagting Vrydag uit die hospitaal ontslaan word na behandeling vir ‘n ongenoemde noodtoestand. White sal minstens die volgende maand kans kry om aan te sterk. Die res van die afritingskorps bestaande uit Russell Winter, Chris Rossouw, Nollis Marais en Pine Pienaar sal die spelers onder hande neem. Die Bulle se volgende wedstryd is Saterdag tuis teen Exeter Chiefs