Nehawu wil weet van ANC-regering se plan is

Die buurland se gesondheidswerkersvakbond Nehawu sê hy gaan ‘n vergadering met die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, eis oor die skerp styging in Covid-19-gevalle en die trae inentingsprogram. Syfers van die vorige aanmeldingsweek toon ‘n algehele styging van 46 persent in nuwe gevalle. Khaya Xaba van Nehawu sê die regering moet ook met ‘n konkrete plan vorendag kom oor hoe hy die nuwe Covid-19-variante in die land gaan hanteer: