Nehawu: Geen vordering met Kaapse parlementbrand van een jaar gelede

Die Suid-Afrikaanse vakbond Nehawu het in die parlement kommer uitgespreek oor die trae vordering met die finalisering van die verslag oor ‘n brand wat die Nasionale Vergadering-gebou en die Ou Volksraadsaal van die parlement in Kaapstad vandag presies ‘n jaar gelede, in puin gelê het. Zandile Mafe, wat daarvan beskuldig word dat hy die brand gestig het, is nog in aanhouding. Nehawu se parlementêre voorsitter, S’thembiso Tembe sê egter dit is onaanvaarbaar dat daar ‘n jaar na die brand nog geen verslag is oor die gebeure nie. Volgens die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sal die voorsittende beamptes later dié week ʼn nuuskonferensie in dié verband hou.