Vrou (22) in hegtenis geneem vir babastorting

Die Namibiese polisie was die afgelope langnaweek besig op die misdaadfront met moord, selfmoord, verkragting, gewapende rooftog, veediefstal en ongelukke wat aangemeld is. Op ‘n plot by Mariental is ‘n 32-jarige man deur weerlig doodgeslaan en by Donkerhoek-nedersetting by Khorixas het ‘n eenjarige glo verdrink in ‘n 20 liter-houer waarin water en klere was. Die kind is by die hospitaal dood verklaar. Volgens die nasionale woordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, word ‘n voorval van die storting van ‘n pasgebore baba vanoggend in ‘n geel asdrom in Shangaistraat in Katutura in die hoofstad ondersoek en ‘n 22-jarige vrou is in hegtenis geneem.