Nege buitelanders vas in drie perlemoen-klopjagte in Kaapstad

Talle mense wat gearresteer is ná drie perlemoen-klopjagte in Kaapstad sal môre in die hof verskyn. Die Valke het ‘n onwettige verwerkingsaanleg ontdek toe hulle op ‘n huis in Welgemoed, Bellville, toegeslaan het. Hulle het nege buitelandse burgers vasgetrek nadat hulle beslag gelê het op perlemoen van sowat 20 miljoen rand. Die span het op ‘n perseel in Stikland beslag gelê op perlemoen van meer as 13 miljoen rand en twee burgers van Kenia en Somalië in hegtenis geneem. Daar is op nog ‘n onwettige verwerkingsaanleg in Parow afgekom waarna vier verdagtes gearresteer is. Die Valke het beslag gelê op 2 300 eenhede van dié bedreigde spesie.