NEFF: G4S-sekuriteitswagte staak môre

Werkers van sekuriteitsmaatskappy G4S sal môreoggend staak, volgens die NEFF-kommissaris Michael Amushelelo. Amushelelo sê die staking is ‘n gesamentlike besluit deur die werkers. Hy sê die regsproses is nie meer ten gunste van werkers nie. G4S-sekuriteitswagte in Windhoek sal na verwagting om sewe-uur môreoggend by die G4S-hoofkantoor in Eros in die hoofstad vergader. Van die werknemers, sê Amushelelo, behoort aan werkersvakbonde, maar beweer dat G4S nie hierdie vakbonde erken nie. Amushelelo het nie bekend gemaak wat die werker se eise is nie.