Ekonoom: Hoë graanpryse maak op vir hemelhoë insetkoste

‘n Landbou-ekonoom het gereageer op graanprodusente wat verheug is oor die hoë pryse. Wit mielies het oor die afgelope twee weke rondom 4 800 Namibiese dollar per ton in die buurland verhandel wat beteken dit sal teen 6 800 dollar ‘n ton plaaslik verhandel. Die Namibiese koringoes tans op die lande word rofweg op 30 000 ton geskat, wat 50 persent van die land se behoefte van 60 000 ton koringmeel vir binnelandse verbruik verteenwoordig. Die NLU sê wit mielies en koring het dus beide ‘n goeie verhoging in nasionale produksie beleef, en dit ten spyte van die feit dat die meeste groen skemas óf nie volskaals óf glad nie produseer het nie. Die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal dit help om die hemelhoë insetkoste van die boere te verreken.