Aanklaers soek 8 jaar tronkstraf of N$390m boete teen Shakira

Spaanse aanklaers het meer as agt jaar tronkstraf vir die Colombiaanse superster Shakira en ‘n boete van meer as 23 miljoen euro, of net minder as 390 miljoen Namibiese dollar  gevra in ‘n saak waar die sanger vir 14,5 miljoen euro in belastingbedrog aangekla word. Shakira het die week ’n skikkingsaanbod van die aanklaer se kantoor verwerp. Sy sou volgens die ooreenkoms skuldig moes pleit op belastingontduiking tussen 2012 en 2014. Sy sê sy het nie in daardie tydperk in Spanje gewoon nie.