Uerikua: Laer dieselprys sal boere help

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, sê die verlaging in brandstofpryse, veral dié van diesel, bring verligting vir die landbousektor. Die ministerie van myne en energie het die dieselprys met 2 Namibiese dollar 20 sent per liter verlaag en petrol met 1 dollar 80 sent per liter. Diesel sal nou 20 dollar 65 sent per liter by Walvisbaai kos en petrol 18 dollar 28 sent per liter. Die nuwe brandstofpryse is effektief vanaf môre. Boere gaan gebukkend onder stygende produksiekoste en Uerikua sê die daling in die dieselprys sal boere beslis help.