SA-presidensie veroordeel onwettige mynbedrywighede

Die minister in die Suid-Afrikaanse presidensie, Mondli Gungubele, sê onwettige mynbedrywighede knou gemeenskappe en die ekonomie, en lei tot ‘n verlies aan inkomste vir beide die regering en die mynbousektor. Gungubele sê die kabinet verwelkom die beslaglegging op ‘n voorraad vuurwapens en die inhegtenisneming van 20 verdagtes wat verbind word met onwettige mynbou-bedrywighede, tydens ‘n operasie by ‘n mynskag in Stilfontein in Noordwes: