NDF… oopsie, ID-nommers is nie veilig om te deel nie

Terwyl daar groot opgewondenheid heers oor die bekendmaking van die kortlys van rekrute vir die Namibiese-weermag, is daar in verskeie oorde ook kommer. Die mag het dit goed gedink om al die name van die rekrute met hulle ID-nommers in die regeringsdagblad te deel, wat hoë risiko is vir bedrog en die diefstal van identiteit. Dit was destyds met registers in verband met Covid ook ‘n uitdaging. Graham Hopwood, die direkteur by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, sê beleid moet dringend hiervoor ontwikkel word.

Hy voeg by daar is nie net risiko nie maar ook die skending van regte.