Mans, pers swembroekies en kanker…

Die versekeringsmaatskappy, Hollard het bekendgemaak die 2022 Daredevil-wedloop vind op Vrydag, 30 September plaas. By hierdie jaarlikse geleentheid hardloop mans in spitstyd deur die strate van Johannesburg, geklee in net pers swembroekies, om bewustheid te kweek vir testikulêre en prostaatkanker. Die jaarlikse geleentheid is vanjaar die eerste keer in twee jaar weer by die Dieretuinmeer. Hollard se hoof vir Groephandelsmerk en Bemarking, Joanna Mondon, sê die geleentheid is daarop gemik om ʼn beter toekoms vir mans te skep.