NDF-hoof: Weermag gaan nie oor werkskepping

Die hoof van die Namibiese weermag, lugmaarskalk Martin Pinehas, het aan jong militêre rekrute gesê die NDF gaan nie oor werkskepping nie, maar is ‘n edele beroep wat vereis dat soldate hul lewens op die spel moet plaas. Pinehas het die amptelike opening van die weermag se 16de Inname-rekrute-opleiding by die NDF-opleidingskool, voorheen bekend as die Osona Militêre Skool, buite Okahandja in die Otjonzondjupa-streek waargeneem. Altesaam 1 486 weermag-rekrute gaan opleiding kry nadat daar landswyd in al 14 streke na geskikte kandidate met streng voorwaardes gesoek is.