Misdadigers versterk hul greep op SA sigarethandel 

Die stigter van Tax Justice SA, Yusuf Abramjee, sê verdoemende nuwe bewyse toon misdadigers het hul greep op Suid-Afrika se sigarethandel verstewig. Volgens die jongste Ipsos-studie word winkels landwyd steeds oorstroom deur onwettige sigarette ondanks optrede deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens wat wyd gepubliseer is. Hy sê slegs drastiese noodoptrede sal misdadigers keer om lewensbelangrike staatsinkomste van miljarde Suid-Afrikaanse rand te plunder. Abramjee sê onwettige sigaretvervaardigers wen tans die stryd teen die Inkomstediens en meer as 19 miljard rand per jaar se gesteelde belasting beland in hul sakke.