Numsa stem in vir loonverhoging van 7,5% in bande-sektor

Die Metaalwerkersvakbond Numsa het ingestem tot ʼn salarisverhoging van 7,5 persent in die bande-sektor. Die Werkgewersvereniging van die Vereniging van Nuwebande-vervaardigers het ingestem om die verhoging oor ʼn tydperk van drie jaar aan werkers te betaal. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die verhoging is terugwerkend tot Julie vanjaar.