NDF bystandsentrums vir veldbrande… dokument is van 2017

Veldbrande in Namibië bly in die nuus. Daar was weer twee brande Sondagnamiddag, een naby Khorixas en die ander naby Aranos maar beide is deur die nag onder beheer gebring. Intussen doen ‘n plasing op talle sosiale media kanale oor ‘n lys van kontakte van die Namibiese weermag wat blykbaar tydens veldbrande sal bystand bied, die ronde. Volgens Henriëtte le Grange van Droogtehulp Namibië is die plasing, wat meen die Namibiese Landbou-unie het met die weermag ontmoet en dat verskeie streekskantore van die weermag beskikbaar is vir hulp, van 2017. Le Grange sê dit kan verwagtinge skep en vra geduld onder boeregemeenskappe sodat die jongste inligting bekom kan word.