NWR gaan hof toe oor ballon, trein by Sossus

Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama het ‘n aansoek in die hoërhof vanoggend teen die omgewingsminister en sewe ander respondente. Ngwangwama vra dat regter Herman Oosthuizen die toekenning van ‘n tien-jarige konsessie aan Laban Kandume van Sky Eye Tours & Hospitality om ‘n helium-lugballon en treinstelsel by Sossusvlei toe te ken, ter syde stel. Ngwangwama sê die minister het fouteer ingevolge die wet op natuurbewaring, spesifiek die aangepaste afdeling 17. Die aansoek is aan die einde van September ingedien en word verdedig. Die saak kom vandag voor vir ‘n statusverhoor en die partye vra dat dit tot 5 Desember uitgestel word sodat al die dokumente nagegaan kan word.