Nainda se Interpol-aanstelling ‘n oorwinning

Nampol het ‘n veldtog gevoer om te verseker dat sy adjunk-inspekteur-generaal, Anne-Marie Nainda verkies word om op Interpol se uitvoerende komitee te dien. Nainda sal saam met en Alaan Mohamed Abdalah Ragab van Egipte die vasteland verteenwoordig. Dit is natuurlik nie net ‘n eer vir Namibië nie maar ook vir vroulike polisiebeamptes in die land, soos Nampol woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi verduidelik.