Ndeitunga groet, vir oulaas, na 17 jaar se diens

Luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het vandag amptelik die leisels van die Namibiese polisie aan generaal-majoor Joseph Shikongo, nou luitenant-generaal Joseph Shikongo oorhandig.

Ndeitunga dien sedert 2005 in die pos en is uiters gewild in die Namibiese gemeenskap. Hy het reeds verlede jaar aangedui dat hy op 60 sal aftree. Hy het gesê hy wil gaan boer en dat hy sal verlang na die interaksie met die publiek.