Ndeitunga boos oor ontklee-dansers

Plaaslike media berig dat die polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga boos is oor ‘n ontkleedans-geleentheid wat by ‘n klub in die hoofstad plaasgevind het. Luidens die berigte, is Ndeitunga tans in Luanda maar sal die kwessie aanspreek wanneer hy terug is in die land. Volgens hom is die tipe van geleentheid teen die wet en is dus ‘n misdaad. Hoofinspekteur Itetila Shapaka stem saam en het aan plaaslike media bevestig dat dit wel onwettig is. Volgens hom is die klub reeds Maandag besoek maar die eienaar was blykbaar in Suid-Afrika. Personeel het bevestig die geleentheid het plaasgevind maar, het bygevoeg dat die twee dansers, blykbaar vanaf Suid-Afrika, opgewonde geraak het en toe hul klere uitgetrek tydens die vertoning.