Karpowership kan nie biodiversiteit beskerming waarborg nie

Die Biodiversiteitsregsentrum in die buurland het ‘n appèl ingedien teen die departement van die omgewing se toekenning van ‘n lisensie aan Karpowership om ‘n skeepsgemonteerde, drywende kragsentrale in die hawe van Richardsbaai in KwaZulu-Natal te bedryf. Volgens die departement is die doel om die land se kragopwekkingsvermoë te verbeter. Die woordvoerder van die sentrum, Kate Handley, sê die Turkse maatskappy kan nie op ‘n biodiversiteit-volhoubare wyse bedryf word nie. Handley beklemtoon die potensiële verlies aan kritieke biodiversiteitswaarde mag nie toegelaat word nie.