NCCI help steeds met gratis suurstof

Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid het hul versekering gegee dat die kragonderbreking by die Windhoek Sentrale Hospitaal nie veroorsaak is deur die installering van suurstoftenke deur die private sektor by die Katutura Staatshospitaal nie. Die kamer sal steeds gratis suurstof in samewerking met die Namibiese gesondheidsministerie voorsien.