Namibiese Presidentsvrou kry môre haar Covid-inenting

Die Namibiese Presidentsvrou, Monica Geingos, gaan môreoggend om tienuur haar eerste intenting by die Windhoek Sentrale Hospitaal se kapel kry, het haar woordvoerder, Hilma Petrus bevestig. ‘n Verpleegster en ‘n hoëvlak verteenwoordiger van die gesondheidsministerie sal ook vrae aan media beantwoord.