NBL: Daar’s genoeg gars, dis net die prys wat wissel

Die indeks vir die vervaardiging van moutdranke soos bier en mout het in die vierde kwartaal van 2021 tot 131,2 basispunte gestyg – 6,5 basispunte hoër vanaf 124,7 basispunte wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2020 aangeteken is. Op ‘n jaargrondslag, is die inflasiekoers vir die vervaardiging van moutdranke en mout op 5,2 persent aangeteken, ‘n groei van 1,1 persentasiepunte in vergelyking met 4,1 persent wat in die vierde kwartaal van 2020 geregistreer is. Met die konflik in van die grootste verskafferslande, het die uitvoerende voorsitter van die O&L Groep, Sven Thieme, gesê hulle genoeg gars vir die volgende twee maande aangeskaf om bier te brou.